DE WET LEYELL & MAYANE ATTORNEYS
02/09/2015

 

DE WET LEYELL & MAYANE ATTORNEYS 02/09/2015

VERSKIL TUSSEN LIKWIDASIE EN SEKWESTRASIEPROSES

Die aansoek prosedures vir likwidasie of sekwestrasie word dikwels met mekaar verwar, en baie mense dink dat die prosesse dieselfde is. Daar is egter n groot verskil tussen die twee. n Eenvoudige definisie van likwidasie is die proses waardeur n maatskappy sy vry (onbeswaarde) bates verkoop, om sodoende die bates te omskep in kontant wat gebruik kan word om die firma se gesekureerde skuldeisers te betaal. Voordatn aansoek om likwidasie deur die hof uitgereik kan word, moet n beëdigde verklaring opgestel word. Hierdie verklaring sal alle besonderhede van die Applikant en/of Respondent insluit. Die Applikant verwys na die persoon wat die maatskappy wil likwideer en die Respondent is die maatskappy wat gelikwideer word. In die geval waar die Applikant die maatskappy self is, sal daar geen Respondent wees nie. Die beëdigde verklaring sal ook besonderhede van die maatskappy, werknemers en die krediteure insluit.n Sekerheidstelling moet ook vir die doel van die Meester van die Hooggeregshof onderteken word. Sodra die aansoek uitgereik word, sal die balju afskrifte van die aansoek aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), die Meester van die Hooggeregshof, werknemers van die maatskappy en enige vakbonde beteken. Sodra dit gedoen is, word n meestersertifikaat verkry vir die verifikasie van die aansoek, enn voorlopige likwidasiebevel word toegestaan. n Keerdatum word dan vasgestel, en al die krediteure word in kennis gestel van die voorlopige likwidasie deur geregistreerde pos sowel as deur die plasing van die voorlopige bevel in twee plaaslike koerante. Indien die Applikant se prokureurs nie verdediging ontvang nie, saln finale likwidasiebevel toegestaan word. Die bevel tesame met die aansoek word na die Meester van die Hooggeregshof gestuur en n likwidateur sal aangestel word. Individu wat reeds alle ander opsies om hulle skulde te vereffen uitgeput het, sal gesekwestreer word, aangesien hulle hulself nou inn posisie bevind waar, selfs as al hul bates verkoop word, sou hulle steeds te veel uitstaande geld hê, en dit sou onredelik wees om te verwag dat hulle van die verlies herstel. n Sekwestrasie behels meer administratiewe werk alvorensn hof datum verkry kan word. Voordat die kennisgewing van die mosie en beëdigde verklaring opgestel word, moet n waardeerder aangestel word om die Applikant of die Respondent se boedel te waardeer. Daar moet bepaal word of die skuldenaar inderdaad oorbelas is, en of hy/sy oor genoegsame bates beskik om die skuld te kan delg. In die geval vann vrywillige sekwestrasie sal die Applikant die party wees wie se boedel gesekwestreer word. Die waardeerder moet die eiendom van die Applikant op n gedwonge verkoopskaal waardeer. Om dit te bereken word 20% vanaf die werklike waarde van die eiendom afgetrek. Sodran beraming deur n waardeerder gemaak is van die Applikant/Respondent se boedel, moetn verklaring van die skuldenaar se sake aan die Meester van die Hooggeregshof oorhandig word. Dit moet nie minder as 14 of meer as 30 dae voor die hof datum gedoen word nie. n Kennisgewing van oorgawe moet ook aan alle skuldeisers gestuur word, deur middel van geregistreerde pos, om hulle van die bogenoemde in kennis te stel. Die kennisgewing van oorgawe moet in twee plaaslike koerante, sowel as in die Staatskoerant geplaas word, nie minder as 14 of meer as 30 dae voor die hof datum. Sodra al die bogenoemde gedoen is, kan dit by die beëdigde verklaring aangeheg word en deur die hof aangehoor word. Geen sekerheidstelling is nodig nie.n Sekwestrasie kan slegs aangehoor word deur die Hooggeregshof, terwyl n likwidasie deurn Landdroshof of die Hooggeregshof aangehoor kan word, afhangende van die meriete van die saak. Hierdie is `n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs-of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.